# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die regering beplan ‘n beleidsverklaring om prioriteitstoegang tot gesubsidieerde behuising uit te brei vir oorlewendes van geslagsgeweld en vrouemoord. Simelane het gepraat by die Ministriële Leierskapbetrokkenheid-vergadering vir Vroue van Menslike Nedersettings by Vryheidspark in Pretoria. Sy sê die aanbeveling sal geslagsgeweld-voorkoming integreer in stedelike behuisingsbeplanning, maatskaplik-ekonomiese beleid en belyning met die nuwe stedelike agenda. Die minister het die regering se verbintenis tot die versekering van veilige, waardige behuising vir oorlewendes herbevestig:
Minister Simelane herbevestig regering se verbintenis tot behoorlike behuising vir geslagsgeweld-oorlewendes [KLANK]
ENG SimelaneONGBVFSurvivors