# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê meer as 100-duisend slim ID-kaarte is binne twee maande verwerk sedert die bekendstelling van die uitgebreide digitale vennootskap tussen die Departement en handelsbanke. Hy sê hierdie veldtog sal lang toue uitskakel deur landwyd dienste na 110 banktakke te bring. Die doel is ook om een-duisend te bereik met ‘n vyf-minuut lange, papierlose en biometriese aansoekproses. Schreiber versoek alle Suid-Afrikaners om hul banke te besoek vir slim ID-aansoeke:
Minister Schreiber sê meer as 100-duisend slim ID-kaarte verwerk by banke in land [KLANK]
ENG SchreiberONSmartID