# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering sal die raamwerk vir gratis basiese elektrisiteit hersien om seker te maak dié wat kwalifiseer word reg gesubsidieer. Daar is tans sowat 2,1-miljoen klante wat volgens Eskom vir gratis basiese elektrisiteit kwalifiseer, maar slegs 485-duisend kry dit. Ramokgopa sê sodra slim-meters ingestel is, sal die regering in staat wees om vooraf die toekenning vir gratis elektrisiteit te laai vir ʼn huishouding wat kwalifiseer.
Minister Ramokgopa sê regering sal raamwerk vir gratis basiese elektrisiteit hersien