# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die voorgestelde onafhanklike transmissiestelsel-operateur sal in staatsbesit bly. Hy was gister deel van ʼn ANC-inligtingsessie terwyl die party sy 2021 plaaslike regeringsmanifes-hersiening voortsit met klem op behuising, water en energie. Die transmissiestelsel sal volgens hom apart van Eskom wees en eienaarskap en beheer hê oor transmissiebates, die elektrisiteitsmark bedryf en grootskaalse transmissiebelegging moontlik maak. Ramokgopa sê die ANC herbevestig sy verbintenis tot Billike Energieoordrag en uitbreiding van die netwerk:
Minister Ramokgopa sê die ANC bly verbind tot Billike Energieoordrag [KLANK]
ENG RamokgopaOnGridExpansion