Skip to content

Minister Ramokgopa sê beleggings van meer as R2-duisend-miljard is nodig vir nuwe opwekkingskapasiteit

# Die minister van Energie en Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê terwyl die land na ʼn kleiner koolstofvoetspoor en die vestiging van ʼn groen ekonomie beweeg, word beleggings van 440-miljard-rand benodig vir nuwe transmissielyne. Die regering het ʼn teiken gestel van 102 gigawatt nuwe opwekkingsvermoë, bykomend tot die 14-duisend-500 kilometer transmissielyne wat gebou moet word om die netwerk uit te brei. Ramokgopa sê beleggings van sowat 2,2-duisend-miljard-rand is nodig vir nuwe opwekkingskapasiteit. Hy sê dit wat die regering in die energiesektor doen, maak 30-persent van die land se ekonomie uit.