Skip to content

Minister Pule verwelkom regering se verbintenis om stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord te versterk

# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, verwelkom die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se verbintenis in die Mini-begroting oor geslagsgeweld en vrouemoord, asook die versterking van maatskaplike beskerming. Die regering gaan 3,8-miljard-rand bestee om meer as drie-duisend-500 maatskaplike werkers te werf om die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord te versterk. Maatskaplike toelaes sal steeds befonds word. Pule sê die befondsing sal die departement help om tydige ingrypings te doen, oorlewendes te ondersteun, en te verseker vroue en kinders het toegang tot die sorg en beskerming wat hulle verdien.