# Die minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane, sê die tydige afhandeling van toelaes vir tegniese en beroepsgerigte onderwys en opleiding, en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, is noodsaaklik vir ʼn eenvoudige en deursigtige befondsingsproses. Dit volg na onlangse vertragings met uitbetalings van TVET-studente se toelaes. Dit sou op 25 April plaasvind, maar is deur ʼn stelselprobleem vertraag. Nkabane sê die skema gee voorkeur aan afhandeling van alle uitstaande betalings van 2024 aan studente en verblyfverskaffers.
Minister Nkabane sê NSFAS wil alle uitstaande studentetoelaes afhandel