Skip to content

Minister Motsoaledi vra Hooggeregshof om alle NGV-sake op te skort

# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het dokumente by die Gautengse Hooggeregshof ingedien om alle hangende sake oor die Nasionale Gesondheidsversekering op te skort. Dit is tot die Konstitusionele Hof president Cyril Ramaphosa se appèl aanhoor oor die bekendmaking van inligting wat gelei het tot sy besluit om die NGV-wetsontwerp te bekragtig, en kwessies oor jurisdiksie uitgeklaar is. Daar is tans ses hofsake aan die gang teen die NGV-wet. Die Vereniging van Gesondheidsbefondsers sê Motsoaledi se poging om hierdie sake te vertraag en te verenig, kan geregtigheid jare lank uitstel.