Skip to content

Minister Motsoaledi vergader met premier Saul oor swak Noord-Kaapse hospitale

# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, is in die Noord-Kaap om met premier Zamani Saul en LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, te vergader. Die vergadering volg op ‘n verdoemende verslag van die Gesondheidsombud oor die bestuursmislukkings by die Noord-Kaapse Geestesgesondheidshospitaal en die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal. Daar is bevind dat die fasiliteite verwaarloos word, wat bydra tot die swak pasiëntesorg en sterftes. Die doel is om vinnige korrektiewe stappe te doen en werkbare, veilige gesondheidsdienste te herstel.