Skip to content

Minister Meth sê Wysigingswetsontwerp oor Indiensnemingsdienste wys gebalanseerde pad vorentoe

# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, sê Suid-Afrika as belangrike bestemming vir migrante, moet die wettige aspirasies van sy burgers met die land se grondwetlike, streeks- en internasionale verpligtinge balanseer. Sy het die Wysigingswetsontwerp op Indiensnemingsdienste aan die Parlement voorgelê. Die wetsontwerp wil optrede teen die indiensneming van onwettige buitelanders in die land verskerp. Meth sê die wetsontwerp wil nie trekarbeiders se regte ontken nie, maar eerder seker maak alle werkers word beskerm teen onregverdige arbeidspraktyke en uitbuiting.