Skip to content

Minister Meth sê die nasionale minimumloon beskerm sektore waar vroue oorheers

# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, sê die nasionale minimumloon bly noodsaaklike beskerming vir sektore waar oorheersend vroue werk: huiswerk, landbou, gasvryheid en kleinhandel. Die nasionale minimumloon is 30-rand-23-sent per normale werksuur. Meth sê dis kommerwekkend dat ʼn aansienlike deel van ekonomies aktiewe vroue in Suid-Afrika in die informele sektor werk wat grootliks buite bereik val van die Werkloosheidsversekeringsfonds en ander beskermingsmaatreëls wat die departement bied. Die minimumloon-kommissie het die publiek onlangs uitgenooi om kommentaar te lewer op die 2027-aanpassing.