Skip to content

Minister Manamela dwing streng aanspreeklikheidsprosesse af by CETA [KLANK]

# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het streng gevolgebestuur en aanspreeklikheidsprosesse by die boubedryf se onderwys- en opleidingsowerheid, CETA, toegepas. CETA is in Augustus verlede jaar weens sistemiese mislukkings onder administrasie geplaas. Dit sluit in vier agtereenvolgende gekwalifiseerde ouditmenings en aansienlike oortoekenning van nie-verpligtende toelaes. Laasgenoemde het meer as 2,7-miljard-rand teen ʼn beperkte inkomste beloop. Die departement se woordvoerder, Matshepo Seedat, sê ʼn skulderkenning is onderteken:

ENG SeedatONAccountability