# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het die bekendstelling van die regering se padkaart vir digitale hervorming verwelkom as ʼn belangrike stap wat die manier verander waarop landsburgers toegang kry tot noodsaaklike dienste. Dit gee uitvoering aan die digitale-hervormingsafdeling van Operasie Vulindlela Fase Twee wat president Cyril Ramaphosa verlede week bekendgestel het. Malatsi sê dit wil bydra tot die regering van nasionale eenheid se verbintenis tot inklusiewe groei en doeltreffende dienslewering, en om te verseker alle landsburgers het toegang tot die staat se dienste.
Minister Malatsi verwelkom bekendstelling van digitale hervormingspadkaart