# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, en haar adjunk, David Mahlobo, doen vandag inspeksiebesoeke by die Rooiwal-watersuiweringsaanleg en die Klipdrift-aanleg in Hammanskraal. Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, sal ook teenwoordig wees. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die doel van die besoek is om die vordering met die opknapping van Rooiwal en die opgradering van Klipdrift te evalueer. Sy sê die voorafvervaardigde suiweringsaanleg sal die vermoë van behandelde water met 50-megaliter per dag verhoog:
Minister Majodina lei oorsigbesoeke aan twee aanlegte in Hammanskraal [KLANK]
ENG WisaneonProjects