# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het ActionsSA se bewerings verwerp dat hy die forensiese verslag oor die Telkom Torings geheim hou. Die kompleks wat in 2016 vir sowat 700-miljoen-rand gekoop is as hoofkwartier vir die polisiediens in Pretoria, is in Februarie verlede jaar ontruim en staan sedertdien leeg. Die minister het in Augustus verlede jaar ‘n ondersoek na die aankoop van die kompleks geloods. Die departement sê ‘n volledige oorsigproses is aan die gang voordat enige besluit oor die openbare bekendmaking van die verslag geneem sal word.
Minister Macpherson verwerp ActionSA se bewerings oor forensiese verslag oor Telkom Torings