Skip to content

Minister Macpherson verwelkom verkiesing van Onafhanklike Ontwikkelingstrust se voorsitter en adjunk

# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die verkiesing van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust se voorsitter en adjunk is ʼn stap om die agentskap reg te ruk. Zimbini Hill is gekies as voorsitter en professor Raymond Nkado as ondervoorsitter. Macpherson sê hulle nuwe mandaat is ʼn bevestiging van die werk wat hulle begin het om bestuur by die agentskap reg te ruk, die lewering van infrastruktuur te verbeter en openbare vertroue in die Ontwikkelingstrust te herstel.