# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Ronald Lamola sê die regering glo die verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika is steeds strategies. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake Marco Rubio het Suid-Afrika se ambassadeur Ebrahim Rasool tot persona non grata verklaar na sy toespraak voor die Mapungubwe-instituut oor president Donald Trump en die Make America Great Again-beweging, wat hy heerssugtig en rassisties genoem het. Rasool is 72 uur gegee om die land te verlaat. Lamola sê die regering sal skakeling met die Amerikaanse administrasie voortsit:
Minister Lamola sê SA en Amerika se verhouding is steeds strategies [KLANK]
ENG RonaldonRelationship