# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê ‘n brand het die naweek in die Himeville-landdroshof in die Harry Gwala-distriksmunisipaliteit in KwaZulu-Natal uitgebreek. Volgens ‘n voorlopige ondersoek het die brand in die landdros se kantoor uitgebreek nadat ‘n kontrakteur wat in die gebou gewerk het, ‘n vuur in die kaggel in die kantoor gemaak het, waarna dit deur die gebou versprei het. Die woordvoerder van die departement, Palesa Rammitlwa, sê die kantore van die landdros en die Nasionale Vervolgingsgesag asook die hofsaal het ernstige skade opgedoen:
Minister Kubayi sê noodsaaklike regsdienste sal voortgaan ná die brand by die Himeville-landdroshof in KZN [KLANK]
ENG RammitlwaONCourt