# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê tot dusver was daar geen politieke inmenging by sake wat die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie hanteer nie. Sy het gereageer op ʼn parlementêre vraag van die EFF oor die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings van die uitvoerende gesag se inmengery en onbehoorlike politieke insae by ondersoeke. Kubayi sê daar is voldoende wigte en teenwigte in plek om enige moontlike inmengery van binne of buite te voorkom.
Minister Kubayi sê daar is geen politieke inmenging by Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie se werk nie