Skip to content

Minister Kubayi open saak oor berigte dat sy Mashatile wil vervolg [KLANK]

# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het ʼn strafregtelike saak aanhangig gemaak teen ʼn persoon wat beweer sy het opdrag gegee dat adjunkpresident Paul Mashatile vervolg word. Dit volg nadat ʼn naweekkoerant berig het dat sy, president Cyril Ramaphosa en die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, met die Nasionale Vervolgingsgesag saamsweer om Mashatile te vervolg. Kubayi sê sy veroordeel die kwaadwillige en georkestreerde smeerveldtog wat tweespalt tussen haar en Mashatile wil veroorsaak:

ENG KubayiOnCase