# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, vra alle politieke partye om dringend verkose rade volgens die Grondwet aan te stel. In 138 munisipaliteite landwyd het geen politieke party na die plaaslikeregeringsverkiesing ʼn volstrekte meerderheid gekry nie. Dit beteken politieke partye moet koalisie- of ander samewerkings-ooreenkomste onderhandel om meerderheidsregerings saam te stel. Die munisipale rade moet teen volgende Vrydag aangestel wees. Hlabisa moedig partye aan om die Riglyne vir Stabiele Koalisies in Plaaslike Regering te volg, wat doeltreffende koalisieregering ondersteun.
Minister Hlabisa vra doeltreffende koalisieregering terwyl partye munisipale rade vorm