# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê voorbereidings vir die komende plaaslikeregeringverkiesing in November verloop vlot. Hy het gister die voorlegging van die Departement van Samewerkende Bestuursbegrotingstemming aan die Nasionale Raad van Provinsies voorgelê. Hlabisa sê vier-duisend-488 stadswyke is gefinaliseer. Dis ‘n toename van 20 wyke van die vier-duisend-468 in 2021. Hy het bygevoeg hierdie wyke bly die mees regstreekse skakel tussen gemeenskappe en die regering:
Minister Hlabisa sê voorbereidings vir komende plaaslikeregeringverkiesing vorder goed [KLANK]
ENG HlabisaONElections