Skip to content

Minister Gwarube sê streng sekerheid is in plek om integriteit van NSS-eksamen te verseker [KLANK]

# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê streng sekerheids- en ondersteuningsmaatreëls word getref om die integriteit van die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen te verseker. Ongeveer 900-duisend kandidate sal na verwagting die NSS-eksamen, wat vandag begin, aflê. Gwarube sê openbare eksamensentrums waar onreëlmatighede herhaaldelik voorgekom het, sal permanent eksterne opsieners hê om integriteit te verseker. Sy sê die integriteit van die eksamen bly van die allergrootste belang:

ENG GwarubeOnIntegrityExams