# Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, sê oorbevolking in tronke word veroorsaak deur druk in die strafregstelsel. Dit sluit in vertragings om uitgestelde sake en hofverwysings te verwerk. Die departement het tans 107-duisend beddens beskikbaar en gevonnisde gevangenes beset minstens 106-duisend-280 daarvan. Groenewald sê die grootste probleem is die meer as 62-duisend aangehoudenes wie se sake uitgestel is en oorbevolkingsvlakke tot 58-persent opstoot. Die minister sê hulle is in kontak met die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling om waar moontlik alternatiewe vir tronkstraf te ondersoek.
Minister Groenewald sê oorbevolkte tronke hou verband met druk in die strafregstelsel