# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê sy het die proses vir die benoeming van geskikte kandidate om die funksies van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad te vervul, in die Staatskoerant afgekondig. Dit volg nadat die Hooggeregshof in Pretoria die dringende aansoek van die voormalige raadslede van die hand gewys het om die minister se besluit om die raad in Augustus te ontbind, tersyde te stel. Die hof het beslis die aansoek voldoen nie aan die wetlike vereiste van dringendheid nie. De Lille sê die benoeming van nuwe raadslede sal op 5 Desember sluit:
Minister De Lille vra benoemings vir kandidate vir die SA Toerismeraad [KLANK]
ENG DeLilleOnProcess