# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het fase drie van die Regering-Sakevennootskap verwelkom, wat toerisme as ‘n sleutel-aandrywer van ekonomiese groei en werkskepping identifiseer. Dis gemik op die verhoging van ekonomiese groei bo drie-persent, met voorkeurgebiede soos die verbetering van lugtoegang, die modernisering van visumverwerking, die verbetering van bestemmings-bemarking, toeriste-veiligheid en infrastruktuur-belegging. De Lille sê toerisme betree die nuwe fase met ‘n gevestigde openbare-privaat vennootskap, aangesien die sektor 954-duisend regstreekse werksgeleenthede ondersteun en in 2024 4,9 persent tot die bruto binnelandse produk bygedra het.
Minister de Lille verwelkom die fokus op toerisme in regering- en sakevennootskap