# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê besoekers se veiligheid is altyd ʼn nasionale prioriteit. Die Amerikaanse konsulaat in Suid-Afrika het die land in ʼn bygewerkte reiswaarskuwing afgradeer na vlak 2, wat besoekers waarsku om versigtig te wees omdat geweldsmisdaad soos gewapende roof, verkragting, voertuigkapings en diefstal algemeen is. Dit waarsku ook dat geweldsmisdaad algemeen in stede voorkom en dat ontvoerders Amerikaanse burgers en ander buitelanders teiken. De Lille sê die land se toerisme-infrastruktuur is goed en veerkragtig en talle veiligheidsmaatreëls is in plek.
Minister De Lille sê veiligheid van internasionale besoekers is ’n nasionale prioriteit