# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die regering is verbind tot die herstel van die land se spoornetwerk, die lok van privaat belegging en regshervorming om seker te maak dit duur voort ná die huidige administrasie. Die Nasionale Spoor-hoofplan identifiseer ʼn kern-spoornetwerk waarop die regering sy belegging sal fokus, terwyl privaat operateurs toegelaat word om geleenthede op ander spoorlyne te gebruik vir mynbou, landbou en toerisme. Creecy waarsku die pas van hervorming moet ruimte laat vir die ingewikkeldheid van die groter vervoerstelsel:
Minister Creecy sê spoorweg moet ruggraat van passasier- en vragvervoer wees [KLANK]
ENG CreecyOnRail