# Die minister van Vervoer Barbara Creecy sê die Suid-Afrikaanse ekonomie verloor moontlike inkomste weens sy onvermoë om in die groeiende vraag na die vervoer van uitvoerprodukte te voorsien. Tans word sowat 165-miljoen ton vrag jaarliks per spoor vervoer terwyl die markvraag nader aan 280-miljoen ton is. Creecy sê die land sal oor die volgende 30 jaar sowat twee-duisend-miljard-rand aan openbare en privaat beleggings benodig om die Nasionale Spoormeesterplan in werking te stel wat spoorvervoer as die ruggraat van die land se logistieke en vervoerstelsel sal vestig.
Minister Creecy sê R2-duisend-miljard belegging is nodig om spoorstelsel te laat herleef