# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê haar departement sal as deel van die Paasnaweek-padveiligheidsveldtog hul pogings tot 2 Mei verskerp. Sy het Sondag in Gqeberha in die Oos-Kaap ʼn padveiligheids- en wetstoepassingsprojek bekendgestel. Die Padveiligheidbestuurskorporasie het verlede jaar oor Paasnaweek 335 padsterftes aangeteken wat byna 33-persent meer is as die 252 in 2023. Creecy sê hulle sal op belangrike roetes in die land fokus waar bykomende polisiëring nodig is:
Minister Creecy sê Paasnaweek-padveiligheidsveldtog sal op belangrike roetes fokus [KLANK]
ENG CreecyOnAccidents