# Die minister vir Vroue, Jeug en Mense met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, doen op ‘n beroep op alle belanghebbendes en Suid-Afrika se jeug om die nuwe raad van die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap te ondersteun en met hulle saam te werk. Sunshine Myende is as die voorsitter aangewys terwyl Bonga Mhanya die nuwe ondervoorsitter is. Chikunga sê die nuwe aanstellings verteenwoordig die diversiteit, insigte en dringendheid om die potensiaal van meer as 20-miljoen Suid-Afrikaners te ontsluit. Die minister het ook haar opregte waardering uitgespreek teenoor die tussentydse raad wie se termyn volgende week ten einde loop.
Minister Chikunga vra SA jeug om met nuwe Nasionale Jeugontwikelingsagentskap saam te werk