# Die minister van Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, ontken bewerings dat sy werksgeleenthede in die staatsdiens vir vriende en familielede beïnvloed of gefasiliteer het. ʼn Fluitjieblaser het ʼn klag teen die minister en haar adjunk, Steve Letsike, by die Staatsdienskommissie ingedien waarin beweer word dat hulle familie en vriende aanstel in poste in die departement en hul privaat kantore. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê alle aanstellings word deursigtig, regverdig en volgens meriete gedoen:
Minister Chikunga ontken bewerings dat sy werksgeleenthede vir vriende en familie fasiliteer [KLANK]
ENG SelalaONInfluencing