# Die militêre leier van die Ituri-provinsie in die Demokratiese Republiek die Kongo vergelyk die stryd om die Ebola-uitbreking hok te slaan met ‘n oorlog waarvoor daar nie genoeg hulpbronne is nie. Johnny Luboya Nkashama het aan die Franse uitsaaier RFI gesê mense in gebiede wat geraak is kry nie genoeg kos nie. Hy bepleit vinnige reaksie om ‘n ramp te voorkom. Sedert die uitbreking op 15 Mei is meer as 900 vermoedelike gevalle aangemeld, met 223 sterftes. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het intussen ‘n internasionale openbare noodtoestand afgekondig.
Militêre leier in DRK sê Ebola vereis vinnige reaksie om ramp te voorkom