Skip to content

Mike Shingange is COSATU se nuwe president

# Die vakbondfederasie COSATU het Mike Shingange as sy nuwe president verkies. Die federasie se uittredende president, Zingiswa Losi, is die nuwe hoofsekretaris verkies. Meer as een-duisend-800 afgevaardigdes het tydens die federasie se 15de nasionale kongres in Kempton Park gestem. Shingange het vir Mabutho Cele verslaan, terwyl Losi die uittredende hoofsekretaris, Solly Phetoe, geklop het. Susan Khumalo is as eerste adjunkpresident verkies, Mbali Blose as tweede adjunkpresident en General Twaka as adjunkhoofsekretaris. Kgomotso Makhupola is die nuwe tesourier.