# Die Johannesburgse Metropolisie het 252 motoriste binne ‘n enkele week in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van alkohol, as deel van verskerpte padveiligheidsoperasies regoor die stad. Die arrestasies is gemaak by padblokkades en stop-en-deursoek-operasies in Johannesburg, Sandton, Soweto en Midrand. Die woordvoerder van die JMPD, Xolani Fihla, het die departement se nultoleransie-houding teenoor dronkbestuur herbeklemtoon en motoriste aangespoor om e-taxidienste of aangewese nugter bestuurders aan te wys indien hulle alkohol gebruik:
Metropolisie arresteer 252 motoriste tydens weeklange optrede teen dronkbestuur [KLANK]
ENG FihlaOnOperations