# Friedrich Merz het met sy tweede poging ’n parlementêre stemming gewen om Duitsekanselier te word. In ’n sitting wat haastig gister gereël is, het 325 parlementslede vir sy aanstelling gestem, meer as die 316 wat nodig was. Merz, wat in Februarie ’n verkiesing gewen het en verlede maand ’n regerende koalisie aangekondig het, het met ‘n vroeëre stemming ses stemme te min gekry – ’n verdere terugslag in ‘n moelike tyd van onsekerheid vir die land. Hy is nou gereed om formeel kanselier te word sodra hy deur die Duitse president bekragtig is.
Merz wen stemming om Duitsland se volgende kanselier te word met tweede poging, net ure ná skoknederlaag