Skip to content

Menslike Nedersettings se teiken is 80 000 titelaktes en 15 000 behuisingseenhede [KLANK]

# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê haar departement beoog om 80-duisend titelaktes te registreer en te oorhandig en 15-duisend maatskaplike behuisingseenhede te bou. Simelane het ondanks uitdagings kragtens die regulasies van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en begrotingsbeperkings aan die Parlement gesê planne sluit in die verhoging van huurinvordering tot 95-persent, die voltooing van halfklaar projekte en die uitwissing van agt-duisend modderhuise. Sy het gesê dat die departement se begroting van 34-miljard-rand konsentreer op die verskaffing van behuising en klimaatsveerkragtigheid:

ENG-SimelaneOnHousing