# Die Franse polisie het ‘n soektog van stapel gestuur na ‘n bende wat waardevolle juweliersware uit die Apollo-kamer in die Louvre-museum in Parys gesteel het. Dit blyk dat die bende ‘n meganiese leer gebruik het om toegang tot die eerste verdieping te verkry voordat hulle uitstallingskaste gebreek en op bromponies ontsnap het. Die minister van Binnelandse Sake, Laurent Nuñez, sê dit het die diewe sewe minute geneem om met die juwele, met werklike erfeniswaarde, weg te kom. Hy het vertroue uitgespreek dat die diewe vasgetrek en die juwele teruggevind sal word.
Mensejag na die diefstal van kosbare juweliersware uit die Louvre