# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, het die aanlyn toelatingstelsel vir graad 1- en graad 8-leerders verdedig en gesê dit bevorder groter deursigtigheid en regverdigheid by die toewysing van skooltoelating. Die departement het 346-duisend-495 aansoeke vir die 2027-akademiese jaar ontvang – waarvan 169-duisend-182 vir graad 1 en 177-duisend-313 vir graad 8 is. Tot dusver is slegs 267-duisend-742 geplaas. Maile sê hoewel 77-duisend-414 leerders nog nie geplaas is nie, maak die departement bestendige vordering:
Meer as 77-duisend graad 1- en graad 8-leerders nog nie geplaas vir 2027 in Gauteng
ENG MaileOnPlacement