# Die dodetal weens die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo het vyf-duisend oorskry terwyl owerhede probeer om die grootste en dodelikste uitbreking in die land se geskiedenis te bekamp. Altesaam tien-duisend-300 gevalle is reeds in agt van die 26 provinsies aangeteken. Die Bundibugyo-stam veroorsaak hierdie uitbreking, waarvoor daar nog geen behandeling of entstof beskikbaar is nie. Dit is die tweede grootste ter wêreld ná die 2014–2016-uitbreking in Wes-Afrika. Ebola-gevalle is ook bevestig in Kenia, Nigerië en Uganda.
Meer as 5 000 sterf in dodelikste Ebola-uitbreking nóg in DRK