Skip to content

Meer as 400 Gaza-flottielje-aktiviste wat deur Israel aangehou is, word gedeporteer

# Israel sê hy het al die buitelandse aktiviste wat aangehou is nadat hul Global Sumud-flottielje Maandag in internasionale water op pad na Gaza onderskep is, gedeporteer. Altesaam 422 aktiviste, insluitend ses Suid-Afrikaners, is gister op drie vliegtuie van die Turkse lugredery uit die suide van Israel gevlieg. Meer as 50 bote was deel van die Global Sumud-flottielje wat verlede Donderdag uit Turkye vertrek het met noodleniging aan boord. Israel se minister van Sekuriteit, Itamar Ben-Gvir, het onder internasionale kritiek deurgeloop na ʼn video waarin hy geboeide aktiviste wat kniel, uitgejou het.