# Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, is bekommerd oor die toename in geweldsmisdaad. Suid-Afrika het in die 2024/25-boekjaar 24-duisend-692 moorde, meer as 40-duisend verkragtingsake en 190-duisend gewone aanrandings aangeteken. Cachalia het op ‘n vraag in die Parlement onthul dat tien-duisend-129 moorde vir vervolging verwys is, met drie-duisend-628 wat tot skuldigbevindings gelei het. ‘n Verdere 892 het tot vrysprake gelei, terwyl 893 sake as nie-vervolgbaar aangeteken is. Cachalia sê die syfers beklemtoon ook die hoë druk waaronder die regs- en die hofstelsel verkeer.
Meer as 40-duisend verkragtingsake en 24 692 moorde in 2024/25 aangeteken