Skip to content

Meer as 40 dood ná bloedigste operasie in geskiedenis van Rio

# Inwoners van ‘n krotbuurt in Rio de Janeiro het meer as 40 liggame op ‘n plein in rye neerlê ná die bloedigste polisie-operasie in die stad se geskiedenis. Daar is nog geen amptelike bevestiging of dit die 60 vermeende lede van ‘n dwelmbende insluit wat Dinsdag in ‘n reuse teendwelm-operasie in twee krotbuurte in die noorde van Rio dood is nie. Vier polisiebeamptes is ook dood in die operasie, waarby twee-duisend-500 beamptes betrokke was. Rio se hoof-misdaadorganisasie, die Comando Vermelho, is geteiken.