Altesaam 312 verdagtes is die naweek tydens misdaadvoorkomingsoperasies in Rietgat en Mabopane in Tshwane vasgetrek. Hulle misdade sluit in moord, poging tot moord, verkragting, geslagsgeweld en kwaadwillige saakbeskadiging. Polisiewoordvoerder Johan van Dyk sê 22 ongedokumenteerde buitelanders is aangekeer en sal aan die owerhede oorhandig word om gedeporteer te word: