# ‘n Reeks hoëdigtheidsoperasies onder Operasie Shanela het gister gelei tot die inhegtenisneming van 364 verdagtes in Brooklyn en Lyttelton in Tshwane. Hulle is in aangekeer vir verskeie strafregtelike oortredings, insluitend moord, poging tot moord, verkragting en gewapende roof. ‘n Polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê hulle het 25 brandpunte gepatrolleer, waar 16 drankondernemings geïnspekteer is, wat daartoe gelei het dat twee afsetpunte gesluit is weens nie-nakoming van die Drankwet:
Meer as 300 verdagtes in Operasie Shanela in Tshwane vasgetrek vir verskeie oortredings [KLANK]
AFR JohanonOperation