Skip to content

Meer as 300 verdagtes die naweek in Gauteng gearresteer

# Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid het wetstoepassers geloof vir hul harde werk om gemeenskappe te beveilig nadat meer as 330 verdagtes die afgelope naweek tydens misdaadoperasies in hegtenis geneem is. Die arrestasies was vir misdade soos dronkbestuur, dwelmbesit en die onwettige verkoop van drank. Nege-en-sestig mense is in Ekurhuleni in hegtenis geneem,  96 in Tshwane, 80 in Sedibeng, 67 aan die Wes-Rand en 18 in Johannesburg. Die departement se woordvoerder, Offentse Morwane, sê die polisie tree streng op, veral teen dwelm- en alkoholverwante misdade.