Skip to content

Meer as 200 lede van Colombië se grootste dwelmkartel aangekeer

# Colombiese owerhede het 217 lede van die land se grootste dwelmkartel, die Gulf Clan, in hegtenis geneem. Dit volg te midde van die uitbreking van die ergste geweld in die land sedert 2016. Die kartel word beskuldig dat hy net in die afgelope maand 24 lede van die veiligheidsmagte vermoor het. Die owerhede het beslag gelê op altesaam 6,8-ton dwelms, 123 vuurwapens en meer as 15-duisend rondes ammunisie. President Gustavo Petro sê die groep is besig met ‘n strategie om lede van die veiligheidsmagte stelselmatig uit te moor.