Skip to content

Meer as 2 300 verdagtes landwyd in hegtenis geneem vir seksuele oortredings [KLANK]

# Die polisie se Eenhede vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings het in September twee-duisend-320 verdagtes landwyd in hegtenis geneem vir verkragting, seksuele aanranding en ontvoering. Die Wes-Kaap het die hoogste arrestasies aangeteken met 536, gevolg deur Gauteng met 459 en 360 in KwaZulu-Natal. Ses-en-veertig van die oortreders het lewenslange vonnisse ontvang, terwyl 35 vir 20 jaar tronk toe gestuur is. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk het die inhegtenisneming van ‘n 36-jarige KwaDukuza-verdagte bevestig wat betrek word by verkragtings- en roofsake wat terugdateer tot 2013:

AFR-VanWykOnArrests