# Die polisie het die afgelope week 16-duisend-380 verdagtes aangekeer tydens ‘n landwye Operasie Shanela-optrede. Die verdagtes is vir verskeie misdade aangekeer. Dit sluit in twee-duisend-165 verdagtes wat weens geweldsmisdaad gesoek is. Hulle is in verskeie provinsies suksesvol nagespoor en in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder Vincent Mukhathi sê wat geslagsgeweld en vrouemoord betref, is 169 verdagtes vasgetrek weens verkragting, 155 vir moord en 140 vir poging tot moord:
Meer as 16-duisend verdagtes vasgetrek in landwye Operasie Shanela [KLANK]
ENG MukhathiONShanela