Skip to content

Meer as 100 dood in Gaza nadat Israel met nog aanvalle begin

# Ten minste 104 mense waaronder 46 kinders is oornag dood in Gaza nadat Israel met nuwe aanvalle begin het. Dit volg nadat Israel beweer het ‘n soldaat is gistermiddag dood. Israel sê die aanvalle het 30 terroriste in bevelsposisies van terreurorganisasies in Gaza getref. Die Amerikaanse president Donald Trump het die aanvalle geregverdig en gesê Israel het die reg om op te tree ná ‘n voorval waarin Hamas na bewering ‘n Israelse soldaat in Rafah doodgeskiet het. Hamas ontken verantwoordelikheid vir die skietery.